JOIN OUR MAILING LIST


Veldblomme op Monate: 

Meeste veldblomme word beskou as onkruid.   Dit is egter nie waar nie.  Die plante speel n baie belangrike rol in die natuur.  Dit hou baie voordele in vir die mens en hulle was in die verre verlede die grootste bron van medisyne en baie ander belangrike stowwe wat die lewe makliker gemaak het.

 

Bloumuisore:

Commelina benghalensis

 

 

Die blare van die plant word geeet as ?n vorm van spinasie.

?n Tee van die blare word gebruik vir hart probleme, en ook met  senuwee probleme.

Wortels help om pyn te verlig.

 

Bitterappel:

Solanum panuriforme

 

 

Die plant is giftig maar dit word nog steeds gebruik.

Die sap word gebruik om velinfeksies mee te behandel,  blare word gebruik vir die behandeling van tandpyn en die wortels word gebruik om wonde te behandel.

 

Veld Dagga:

Leonotis dysophylla

 

 

Die plant kan wel gerook word maar het nie dieselfde effek as die dwelm nie, dit kan ook gebruik word vir die behandeling van koors,  kopseer en maagpyn.  Die plant word ook gebruik vir die behandeling van lintwurms.

 

Wildepatat:

Impomoea bolusiana

 

 

Die plante wat in sanderige grond voorkom het ?n bol wat omtrent 20 cm diep groei.  Die Boesmans het die bolle uitgegrawe en saam gedra as ?n bron van water. Die bol word gekrap en dan word die skraapsels gedruk om die sap uit te kry.

 

Groot Rooiblom:

Striga elegans

 

 

Die plant is ?n parasiet wat op ander plante se wortels groei.  Indien die gasheerplant giftig is word die gif oorgedra na die rooiblom.  Die blomme van die plant word deur die plaaslike bevolking in hulle huise gehou as n beskermer teen die weerlig.

 

Volgende keer wanneer jy weer in die veld loop of op ?n wildrit gaan,  let op na die kleiner dinge, daar is baie interessante plante op Monate, wat weer deur ander kleiner diere benut word.   Daar is meer as 300 van hierdie plante alreeds geidentifiseer op Monate, ons sal elke keer ?n paar van die plante behandel.

Back Back to top